Adri |
|
Author:
| Crous, Johan |
ISBN: | 978-1-5353-1260-8 |
Publication Date: | Aug 2016 |
Publisher: | CreateSpace Independent Publishing Platform
|
Book Format: | Paperback |
List Price: | USD $10.99 |
Book Description:
|
Adri het Morné onwetend lelik afgejak toe hy haar vra om saam met hom uit te gaan, en hy het aanstoot geneem toe sy gesê het hy sal nie by haar pas nie. Dit was Morné se eerste keer dat hy toenadering soek tot Adri. Morné het gevolglik in die buiteland gaan werk vir nege jaar na hy vir een jaar vliegopleiding ondergaan het. As radio omroeper is sy getaak op een oggend in haar vriendin Ronel se plek te gaan vlieg op die ontbyt verkeersvlug. Tot haar skok besef sy die vlieënier is Morné....
More DescriptionAdri het Morné onwetend lelik afgejak toe hy haar vra om saam met hom uit te gaan, en hy het aanstoot geneem toe sy gesê het hy sal nie by haar pas nie. Dit was Morné se eerste keer dat hy toenadering soek tot Adri. Morné het gevolglik in die buiteland gaan werk vir nege jaar na hy vir een jaar vliegopleiding ondergaan het. As radio omroeper is sy getaak op een oggend in haar vriendin Ronel se plek te gaan vlieg op die ontbyt verkeersvlug. Tot haar skok besef sy die vlieënier is Morné. Sy kon hom na al die jare nog steeds nie vergeet nie.Hul vriendskap bly platonies en sy besef spoedig sy is nog lief vir hom, maar hy wil niks weet nie. Na verloop van tyd word sy sy buurvrou en verdiep hul vriendskap en kry sy hoop. Onwetend, omdat sy nie oop kaarte met hom gespeel het hoekom sy hom nie na die dans kan vergesel nie, maar dat sy saam met haar kollega gaan, vervreem sy hom weer. Nou het sy geen hoop nie. Sy begin desperaat raak, want hy neem ander vroue uit, en sien haar net as platoniese vriendin.Sy word mettertyd in die bestuurspos aangestel by Meyer Industries en sy werk nou saam met hom, maar van romantiese vooruitsigte is daar geen sprake nie. Hy wil ook nie met haar praat dat sy kan verduidelik nie. Haar vriendinne gee haar raad, maar sy maak geen vordering nie. Hoe gaan sy ooit deurdring na hom?